‘Laat vaar al die charges’

Please log in or register to like posts.
Nuus

BABA Zahnia se vermeende killers wil hê die klagte teen hulle moet gedrop word. Die staat het gister sy saak ná vier weke in die Kaapse hooggeregshof gesluit. Larry Johnson, Christopher­ September, Miriam Johnson (Larry se ma), Taswill Kriel en Morné May loop hof vir die skietery waarin Zahnia Woodward (ses maande) dood is. Dit het op 30 Desember 2016 in Carnation-weg in Ocean View gebeur.Die vyf se lawyers het hofgangers verras toe hulle die hof meedeel hulle gaan aansoek doen dat die klagte teen hulle kliënte gedrop word. Elf getuies, asook kenners, het reeds getuig in die saak. ’n Vrou wat gereeld drugs by Larry en sy medebeskuldigdes gekoop het, het getuig al vier mans was die betrokke dag in die kar. Miriam het die kar wat in die skietery gebruik is, laat wegsteek. Die Volkswagen­ Golf is Larry se kar. Dit word nie betwis nie. Zahnia was op haar pa se skoot waar hy en ’n paar vriende gesit en chill het.Die wit kar het stadig verbygery en die insittendes het losgebrand op die groep. Een van die koeëls het Zahnia in die kop getref. Die hof het gehoor die bullets was eintlik bedoel vir ene Timer, wat ook met drugs in Ocean View gesmous het. Elf ander mense is daardie dag gewond. Die vyftal het reeds skuld ontken op alle klagte, wat moord, poging tot moord en onwettige besit van ammunisie en vuurwapens insluit. Regter Robert Henney het die saak tot Maandag uitgestel om die lawyers kans te gee om hulle redes vir ontslag te verwoord. Cindy Woodward, Zahnia se ma, was geskok om te verneem dat die vyf se lawyers­ die charges wil laat drop. “Ons sal maar Maandag hoor wat hulle redes hiervoor is.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.