Laer waterprys maak ‘n splash

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

WATER is goedkoper in die Nelson Mandelabaai-metro.Dít kom danksy water­tariewe wat Vrydag van plan C na plan B verslap is.En Baaienaars hoef ook nie te wag nie. Die laer tariewe het onmiddellik na dié aankondiging Vrydag in werking getree.Die nuwe koalisie in die Metro – die UDM, UF, AIC en ANC – het Vrydag dié nuus aangekondig. Hulle progressiewe vennoot in die raad is die EFF.Hulle het op dieselfde mediakonferensie ook sommer gesê wat hulle vir die volgende 100 dae beplan.Vir residensiële waterverbruik tot en met 400 F per dag sal dit vir die res van die boekjaar 2018-’19 R13,75 kos. Tot nou toe was die koste R17,23.Die prys wan residensiële water bo 1 kF per dag val met die helfte van R232,28 na R116,14 kos.Die mayor, Mongameli Bobani, sê daar is steeds droogte in die Baai. Inwoners moet dus nie water mors nie. Die onlangse reën het die damvlakke genoeg laat styg dat die Metro die watertariewe van plan C na plan B kon aanpas.Die munisipaliteit sal aanhou om sy water aan te vul met fase 3 van die Nooitgedagt-waterskema wat in werking tree.Bobani sê water gaan nog elke dag verlore weens die stokou infrastruktuur.Hulle werk nou saam met die afdeling vir water en sanitasie om te verseker die hersteltyd word verbeter. Hulle wil ook alle klagtes oor lekkasies binne 24 uur uitsorteer.Hy het ook ’n paar groot projekte belowe – maar nie gesê wanneer al dié goed gaan gebeur nie.Dit sluit die ontwikkeling in van ’n waterfront, die ontwikkeling van ’n internasionale konferensiesentrum en die revamp en uitbreiding van die lughawe.Die Baaise en Uitenhaagse treinstasies gaan herontwikkel word, die beach resorts van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit sal her­kapitaliseer word en die ou Telkompark gaan gesloop word om plek te maak vir residensiële eiendomme.StandbeeldBobani wil ook aandag gee aan strategiese projekte in die townships, Uitenhage en die Northerns.Hy het bygevoeg hulle sal nie die kantoor verlaat voordat hulle ’n standbeeld van Nelson Mandela laat maak het nie.Verder sal die nuwe koalisie­regering nie huiwer om korrupsie uit te roei nie. “Ons gaan alle vorme van korrupsie met wortel en tak uitroei. Enige een wat daarby betrek word, sal die volle mag van die wet ervaar,” waarsku Bobani.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/laer-waterprys-maak-n-splash-20180922

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.