Laities dra Small skitterend voor

Please log in or register to like posts.
News
Laities dra Small skitterend voor

OM VOOR ’n gehoor onder wie die voormalige openbare beskermer adv. Thuli Madonsela en Marlene le Roux, die uitvoerende hoof van Kunstekaap, op te tree, sit nie in enige gr. 9-leerder se broek nie.Jolian Hahn (14) en Perno Stewe (14) het die Laerskool Ebenhaeser in Lutzville onlangs sommer baie trots gemaak met hulle optrede by die Adam Small-fees in Pniël naby Stellenbosch. Jolian is in 2018 as die top- nasionale junior akteur aangewys. Die werke van Adam Small was die hoof-item.Jolian en Perno het ewe dapper en vol selfvertroue die verhoog betree. Hulle het die gehoor geboei met hulle foutlose interpretasie van uittreksels uit Small se werke. Hulle word afgerig deur Emile Hahn, ’n dramaverryker van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA).Volgens Jolian en Perno is hulle sukses toe te skryf aan toewyding, volharding en gehoorsaamheid aan Emile.Emile het saam met die twee die verhoog betree en hulle is staande toegejuig. Die leerders was ook in die wolke om Hemelbesem in aksie te sien en saam met hom op te tree.Jannie Swart, Ebenha­eser se hoof, sê: “Die talent mag nooit verlore gaan nie. Wanneer hulle ons skool ná graad 9 verlaat, is dit my wens dat hulle ’n sekondêre skool sal bywoon wat drama as vak aanbied. “Hulle toekoms is blink en ons gaan hulle beslis nog op die kassie sien.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.