Lawyer in tronk oor vervalste papiere

Please log in or register to like posts.
News
Lawyer in tronk oor vervalste papiere

’N BEKENDE immi­grasieprokureur van Kaapstad het die afgelope week saam met sy vrou en sy assistent in die hof verskyn.Craig en Cornelia Smith (albei 49) en Shafieka Salie (51) het Dinsdag in die Kaapse landdroshof voorgekom. Hulle word aangekla van korrupsie, geldwassery, bedrog en racketeering.Die drie is nie gevra om te pleit nie. Cornelia is vrygelaat op bail van R1 miljoen, waarvan R100 000 binne 72 uur betaal moes wees.UitgestelBorgtog van R1 000 is aan Salie toegestaan.Craig verskyn môre weer in die hof. Hy sal dan aansoek doen om borgtog.Die saak teen die ander twee beskuldigdes is tot Vrydag 24 Mei uit­gestel.Volgens kapt. Philani Nkwalase van die Valke het die drie beskuldigdes tussen Oktober 2011 en Julie 2014 ’n regsfirma bedryf. Die firma se hoofbesigheid was om tydelike of permanente verblyfpermitte te verskaf aan buitelanders in Suid-Afrika.AfgehandelNetwerk24 berig binnelandse sake is die klaer in die saak.Nkwalase sê aansoeke is na bewering op ’n bedrieg­like manier afgehandel en vals inligting is verskaf om aansoekers te “help”. Die Valke het in 2015 begin ondersoek instel na die prokureur se doen en late.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.