Lawyer lyk na ‘prokurower’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Lawyer lyk na ‘prokurower’ | Die Son

Update
Port Elizabeth

’N BAAISE lawyer het gister vlugtig in die plaaslike handelshof verskyn op ’n klag van diefstal en nóg een wat verband hou met die verontagsaming van die Prokureurswet.Die beskuldigde, Gavin du Plessis van Du Plessis Attorneys in die Baai, is ook ’n prokureur van die hooggeregshof. Hy het in dié stadium nog nie gepleit nie.Luidens die klagstaat is daar kragtens die wet van die beskuldigde verwag om ’n trustrekening te onderhou waarin hy geld moes deponeer en hou.Meenatchee Amelia Pillay het Du Plessis opdrag gegee om die boedel van Thanapalan Chetty, haar oorlede broer, te finaliseer.Du Plessis het die mandaat van Pillay aanvaar en Chetty se boedel gefinaliseer.PorsieDie klagstaat lui verder dat Du Plessis op 18 Junie ’n bedrag van R321 638,21 uit die boedelrekening – by Nedbank – na sy persoonlike bankrekening – by Absa – oorgeplaas het.Die beskuldigde was inge­volge die wet verplig om die betrokke bedrag in die trust­rekening te hou.Hy was nie daarop geregtig om enige porsie van die geld te gebruik vir enige iets anders nie, behalwe vir die finali­sering van die boedel van wyle Chetty.Die beskuldigde het dus nie die betrokke bedrag geld in die trustrekening gehou vir die doeleindes waarvoor dit eintlik aangewend moes word nie.Hy het dus luidens die klagstaat altesaam R321 638,21 gesteel.Die hofsaak is uitgestel tot 5 Oktober vir konsultasie.Neels Roelofse tree namens die beskuldigde op. Adv. Tjaart van Zyl kla aan.Die beskuldigde is tans uit op ’n waarskuwing.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/lawyer-lyk-na-prokurower-20180919

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.