Lawyer werk getuie se saak

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE vermeende killer van ’n bewaarder van die St. Albans-gevangenis het al saam met die staatsgetuie se broer in sy kamer gegym.So is gister getuig in die verhoor van Jean-Claude Uithaler (20), Khawulelani Gqunta (19) en Sinethemba Mfihlo (19) in die Baaise hooggeregshof.Die drie word daarvan beskuldig dat hulle Quinton David Wil­liams op 14 Junie 2014 doodgemartel het.Volgens die getuie het sy Mfihlo al vir langer periodes waargeneem.Sy het getuig dit was wanneer hy haar broer in sy kamer gaan visit het.Sy sê sy het Mfihlo nog net een keer in haar broer se kamer aangetref, en dit was terwyl hulle daar gegym het.Volgens haar het sy hom al in haar broer se kamer gesien terwyl hulle­ net gechat het, en dan het sy hom gegroet.Die getuie sê sy kan nie onthou wat Mfihlo aangehad het toe hy saam met haar broer in sy kamer geoefen het nie.Sy het ook getuig sy kan nie onthou presies wanneer sy Mfihlo en haar broer saam in sy kamer sien oefen het nie.Mfihlo se lawyer, Gerrit Cillié, het dit toe aan die getuie gestel sy kliënt het ontken hy het saam met haar broer in sy kamer geoefen.Volgens Mfihlo het hy nog net in Rasta se gym met haar broer gegym.Cillié het aan dit aan die getuie gestel Mfihlo sê sy hare was in ’n Afro style toe hy haar broer destyds gevisit het.Die getuie sê egter sy kan dit nie onthou nie.Cillié het gesê sy kliënt getuig dat hy die getuie nog nooit vantevore gesien het nie.Mfihlo sê hy ken nie die getuie nie en dat hy haar die eerste keer in die hof gesien het.Cillié het na die getuie se verklaring en getuienis in die hof verwys en gesê daar is teenstrydighede.AangerandCillié sê sy het vroeër getuig sy het nie gehoor dat Uithaler vir Mfihlo aansê om die baksteen weg te gooi waarmee hy Williams aangerand het nie.Hy het toe daarop gewys dat sy in haar verklaring sê nadat Uithaler vir Wil­liams met die baksteen aangerand het, het hy Mfihlo aangesê om die klip weg te gooi.Adv. Garth Baartman is die staatsaanklaer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/lawyer-werk-getuie-se-saak-20181018

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.