Leer dans en kry jou lyf in shape

Please log in or register to like posts.
News
Leer dans en kry jou lyf in shape

AS JY ’n liefde het vir dans, is dit ’n puik plan om jouself só in shape te kry.Dis nie net ’n danssessie nie, maar dien ook sommer as ’n goeie oefensessie.Dis ál die lekkertes wat die Jazzart-dansteater in Kaapstad ’n mens bied.Nkosinathi Sangweni (33) van Jazzart het op ’n perskonferensie ’n volle workout van die dansprogram aangebied.Die klasse word ook saans aangebied om kantoor­werkers­ ’n kans te gee om dit te kan bywoon. Die professionele danser Sifiso Kweyama bied dit aan. Sangweni vertel die aandklasse is vir beginners.“Dis ’n goeie geleentheid vir werkers om saans aktief te wees, dit te geniet en ’n goeie oefensessie in te kry waarby die figuur kan baat.”Jazzart is by die Artscape-teater geleë. Dansstyle soos African­, urban, commercial­ en meer word hier aangebied. “Ek probeer elke aspek van dans in die klasse inwerk,” sê Sangweni­.Die aand was gevul met ’n gelag en energieke musiek.Sine Ncaluka van die tydskrif Fairlady sê sy het die musiek baie geniet. “Dit was baie kalmerend vir my.” Die skool het verskillende klasse – Maandae vir beginners, Dinsdae vir meer gevorderde studente en Saterdae vir jong kinders en tieners. Die klasse kos tussen R70 en R720. Belangstellendes kan dance@jazzart. co.za kontak of bel Jazzart by 021 410 9848.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.