Leer oor beauty | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Leer oor beauty | Die Son

CLAUDIA van Schalkwyk is die eienaar van ’n skoonheidsalon én ’n opleidingsakademie, maar niks het sommer net in die skoot van dié meisie van Mitchells Plain geval nie.Nee, sy moes vasbyt vir elke stukkie sukses. En omdat sy die struggle van die minderbevoorregtes deeglik verstaan, is sy op ’n crusade om jong meisies wat dit nie kan bekostig nie, ’n vastrapplek in die bedryf te help kry.Van Schalkwyk het as ’n kelnerin gewerk. Alles wat sy vandag oor die skoonheidsbedryf weet, is te danke aan die “diefstal” wat sy met haar oë gepleeg het wanneer sy haarself bederf het met ’n pamperlangsessie in ’n salon. Sy woon nou in Kuilsrivier saam met haar man en twee seuns. Sy glo harde werk sál beloon word. Van Schalkwyk het haar eerste salon in die larnie Queen Victoria Hotel in die V&A Waterfront geopen. Daardie een is nou toe en vandag bedryf sy haar salon in Langstraat, Kuils­rivier.“Ons is geakkrediteer en elke student wat hier gradueer, sal toegerus wees om in enige salon in Suid-Afrika te werk. Hulle kan selfs hul eie salon oopmaak, want ons rus hulle ook toe met die nodige besigheidsvaardighede.”Die Urban Beauty Academy­ (UBA) hou Saterdag 17 November ’n ope dag. Studente en ouers is welkom om in te loer, maar ’n afspraak is ’n vereiste.Daar sal hulle al die nodige inligting bekom. Die registrasieproses vir 2019 sal ook bespreek word.UBA neem jaarliks sowat 40 studente in. ’n Beurs­skema bestaan vir verdienstelike studente.Vir inligting, e-pos Bridgette van Rooyen by marketing@urbanbeauty.co.za, stuur ’n WhatsApp na 079 926 1450 of bel 021 903 4092.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply