Leerder (18) sê in hof hoe ou haar rape

Please log in or register to like posts.
News
Leerder (18) sê in hof hoe ou haar rape

DIE verhoor van ’n man van Oudtshoorn wat teregstaan op vier seksklagte het Maandag in die Oudtshoorn-streekhof begin met die getuienis van die klaagster (18).Die hoërskoolleerder was 8 jaar oud gedurende die eerste beweerde voorval in 2008.Marco Zeelie (30) staan tereg op een aanklag van verkragting en twee van seksuele aanranding. Die vierde aanklag hou verband daarmee dat sy glo gedwing is om seksuele dade waar te neem.VryDie eerste voorval het in 2008 gebeur toe Zeelie na bewering aan die borste van die klaagster gevat en sy tong in haar mond gedruk het.Hy het toe glo aan haar gesê dít is hoe ’n mens vry.Die ander voorvalle het in 2011 en 2012 gebeur toe die klaagster 11 en 12 was.Die saak het Maandag begin met die klaagster wat in camera getuig het.Zeelie pleit onskuldig.Die saak is ná die getuienis van die klaagster se ma tot 11 Februarie uitgestel.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.