Leerder lem leerder dood | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VYFTIENJARIGE graad 7-leerder van die Primêre Skool Mpekweni in Peddie in die Oos-Kaap is in polisie-aanhouding nadat hy ’n ander leerder doodgesteek het. Die gruvoorval het Donderdag 09:00 tydens die skool se atletiekdag gebeur, sê kol. Sibongile Soci, ’n polisiewoordvoerder. Die verdagte het na bewering ’n mes saamgeneem skool toe en vir die 16-jarige victim gewys hoe om die wapen te gebruik. Die 15-jarige het toe die 16-jarige in die bors gesteek. Die onderwysdepartement beskryf die voorval as ’n “hartseer-fout”.Mali Mtima, provinsiale woordvoerder vir die departement, sê die 16-jarige is onmiddellik na ’n nabygeleë kliniek geneem, maar is by sy aankoms daar dood verklaar. Soci sê die polisie is steeds besig met ’n ondersoek na die voorval. Sy sê die 15-jarige is gearresteer en word ingevolge die Child Justice Act aangekla. Die onderwysdepartement het aanvanklik die verkeerde ouderdomme vir die twee betrokkenes deurgegee. Daar is aanvanklik berig die oorledene was 14 en die vermeende verdagte 17 jaar oud. Die korrekte ouderdomme is egter vasgestel toe die polisie met hul ondersoek begin.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/leerder-lem-leerder-dood-20190119

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.