Leerder sterf by sy skool

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N END-of-year-paartie het in ’n tragedie geëindig toe ’n gr. 9-leerder by sy skool verdrink het.Die oorledene was Ethan Calvert (16) van Nolanstraat, Uitbreiding 29, in die Baaise Northerns. Hy het die Sekondêre Skool Westview bygewoon.Ethan se bedroefde ma, Ellen, sê gister die voorval het omstreeks 13:00 by die skool plaasgevind.Volgens haar het die skoolhoof, P.L. van Rooyen, haar omstreeks 14:20 gebel om haar mee te deel daar was ’n ongeluk by die skool.Omdat Ethan houtwerk as vak neem, sê Ellen, het sy aanvanklik gedink hy het homself in die houtwerkklas beseer. Ellen sê sy het Van Rooyen en ’n afgevaardigde van die onderwysdepartement op die parkeerterrein van die Cleary Park-winkelsentrum ontmoet.Daar is sy meegedeel Ethan het verdrink.Volgens Ellen het sy gehuil en histeries geraak.Ellen sê niemand kan presies sê wat gebeur het nie.Sy sê een van die stories wat die rondte doen, is dat Ethan van die duikplank in die swembad gespring en nooit weer opgekom het nie.Volgens haar het ’n onnie hom toe glo uit die water gehaal en noodbehandeling op hom begin toepas. Ethan was toe reeds oorlede.GesondEthan se pa, Keith, sê luidens die nadoodse ondersoek het sy seun nie met die duikslag sy kop gestamp of sy nek gebreek nie.Keith sê voorts sy seun was blakend gesond en ’n goeie swemmer.Hy sê toe hy Ethan in die lykhuis gaan uitken het, het dit gelyk of hy maar net slaap. “Ek kon net aan die glas vat wat hom bedek het. Ek was baie lief vir hom.”Ellen sê: “Ek voel seer. Alles is só onwerklik. Hy was die lewe in die huis. As hy nie in die huis was nie, was dit stil.”Volgens Ellen was Ethan ’n lid van die kerk-brigade.Sy sê geen begrafnis­reëlings is in hierdie stadium al getref nie.Ethan word ook oorleef deur ’n ouer suster, Natasha (32), stiefsuster, Baronique (28) en babasussie, Lekeisha (10).Van Rooyen het die skool se medelye met Ethan se familie betuig.“Ek wil nooit weer in ’n situasie wees waar ek vir ’n kind se ma sulke slegte nuus hoef oor te dra nie,” sê hy.Volgens hom ontvang die kinders by die skool tans berading.Hy sê die voorval is by die polisie aangemeld en die onderwysdepartement gaan ook ’n ondersoek na die voorval doen.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/leerder-sterf-by-sy-skool-20181115

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.