Leerder sterf ná gelem in straat

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N LEERDER van die Hoërskool Hillside is die naweek dood weens meswonde wat hy in ’n stryery opgedoen het. Die leerder was 19 jaar oud. RusieDié voorval het Sondag 00:10 in Sewende Straat in Windvogel in die Baaise North­erns plaasgevind.Volgens AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, het Andrew Nel betrokke geraak by ’n bakleiery tussen mense in die straat.“Die verdagte het die slag­offer in die bors, nek en gesig gesteek met ’n mes. “Hy is geneem na die Life Mercantile-hospitaal, waar hy aan sy wonde oorlede is.”Labans het bygevoeg dis nog nie duidelik waaroor die rusie gegaan het nie. Die verdagte is nog op vrye voet.Die polisie ondersoek ’n saak van moord.Nel se familie, wat in die straat woon waar die insident plaasgevind het, wou nie kommentaar lewer nie. Hillside het gisteroggend vir Nel ’n gedenkdiens gehou.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/leerder-sterf-na-gelem-in-straat-20190211

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.