Leerders kry ’n kans | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Leerders kry ’n kans | Die Son

ONS leerders gaan ook nou oppie bôl wees wat tegnologiese vooruitgang betref.Die organisasie WeCode24 is besig met ’n loodsprojek vir leerders by verskeie skole in die Wes-Kaap.Die program is daarop gemik om leerders touwys te maak in rekenaarprogrammering. Dit wys hulle hoe om onder meer apps, webtuistes en robotte te ontwerp.Die groot droom is om hierdie leerders so te bemagtig dat hulle eendag ’n impak op die wêreld kan maak.WeCode24 het onlangs sy eerste prysuitdelingseremonie by die Klein Nederburg Sekondêre Skool in die Paarl gehou. Dié geleentheid is bygewoon deur onderwysers en leerders wat sertifikate ontvang het vir die briljante werk wat hulle tot dusver gedoen het.Klein Nederburg Sekondêr se skoolhoof, Mary Banda, het haar opgewondenheid oor die projek uitgespreek.ToespraakProf. Rachel Jafta, die stigter en direkteur van WeCode24, was die gasspreker.In haar toespraak het Jafta gesê: “Hierdie program bied leerders die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik en om ’n positiewe impak in hul gemeenskappe en die ekonomie te maak. Dié is ’n opwindende geleentheid vir leerders, sowel as die breë gemeenskap.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.