Lem eis pa van 3

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N LIEFDEVOLLE man en hardwerkende pa se lewe is kortgeknip ná ’n street fight in die Baaise noordelike gebiede.Sondag omstreeks 18:30 is Elrico Titus (44) van Lodewykstraat in Bloemendal vermoor.Hy was na bewering in ’n rusie met die verdagte betrokke. Die fight het fisiek geraak en Elrico se broer het hom huis toe gevat.“Hy het later weer in die straat af gegaan, die verdagte genader en hy is in die rug gesteek. Titus is weer huis toe geneem en hy is in sy erf dood,” sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.Drink“Die verdagte het weggehardloop. Die rede vir die rusie moet nog vasgestel word.”VADERLOOS: Noah (9, links), Caylib (12) en hulle ma, Cheryl Titus, is hartseer oor hulle broodwinner se dood. INLAS: Cheryl vertel oor haar man, Elrico, se laaste oomblikke. Agter haar staan Elrico se suster, Nicolene Titus.Foto’s: DEON FERREIRAVolgens Winston (46), Elrico se broer, het Elrico en ’n groep vriende Sondag by ’n huis in Lodewykstraat gesit en drink.Die verdagte het nader gegaan, en Elrico en hy het begin baklei.“Ek het my broer huis toe gevat, maar die verdagte het weer daar kom skoorsoek. My broer is weer af in die pad en het hom gejaag,” vertel Winston.“Die verdagte het my broer in die rug gesteek en toe weggehardloop. Ons het hom nie daarna gesien nie.”Intussen is Elrico weer na sy huis geneem.Winston en El­rico se vrou, Cheryl (43), het by hom in die jaart gewag vir ’n ambulans.Elrico het heeltyd gekla hy kan nie asemhaal nie en die familie het later uitgevind die mes het sy long ook getref.skok: ’n Emosionele Cheryl, wat 13 jaar met Elrico getroud was, sê haar man het haar en hulle oudste seun, Caylib (12), gevra om nader aan hom te sit.“Hy het gesê hy is baie lief vir my en dat ek mooi na die kinders moet kyk. Toe sien ek dat hy oorlede is,” sê sy.Cheryl en Caylib het die aanval gesien en is nog in ’n toestand. Caylib praat glad nie.Elrico word deur Cheryl en drie kinders oorleef.“Dit het nog nie ingesink nie. Hy was nie net my man nie, maar ook my beste vriend,” sê Che­ryl.Maandag omstreeks 07:00 het lede van die Bethelsdorp-polisie inligting ontvang dat die verdagte (35) by die huis in Lodewykstraat is. Hy is gearresteer en sal binnekort in die hof verskyn.Elrico se geliefdes is verheug oor die arrestasie, maar sê dit gaan hom nie terugbring nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/lem-eis-pa-van-3-20181218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.