Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

“EK HET die bad gelos en gegaan na die Good,” sê Patricia­ de Lille Saterdag in die Malabar-gemeenskapsentrum.De Lille en haar Good Party het ’n Baaise draai gemaak om hulle premierskandidaat, Celeste Domingo, aan voornemende kiesers voor te stel.De Lille het egter nie stilgebly oor die nuutste verwikkelinge tussen haar en haar voormalige party, die DA, nie.“Dié leuenaars in die DA speel ’n baie vuil spel. Hulle probeer die demokrasie beïnvloed deur leuens oor my te versprei, soos hulle die afgelope twee jaar gedoen het.”Daar word môre dagvaardings vir laster op vier persone bestel, naamlik die DA-LP’s Mike Waters en Bronwyn Engelbrecht, die DA-voorsitter in KwaZulu-Natal, Shehana Kajee, en ’n DA-lid genaamd Henk Hugo.De Lille beweer dié betrokke persone het haar naam op ’n vervalste ouditeur-generaal- verslag gesit, wat haar betrek by ’n onregmatige tender in haar dienstyd as Kaapstadse burgemeester.DesperaatDié verslag, met ’n beweerde vervalste handtekening van die ouditeur-generaal, Thembekile­ Makwetu, daarop, is toe versprei op sosiale media met die opskrif “Corrupt­ De Lille”. Sy dagvaar hulle elkeen vir R500 000. “Ek het hulle weer by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gerapporteer en prokureursbriewe aan hulle geskryf. As hulle nie ophou om valse inligting te versprei nie, gaan ons hulle hooggeregshof toe vat. Dit wys dat hulle desperaat is om my naam te beswadder. “As die Good movement neem ons ondersteuning af van die DA sowel as die ANC,” sê De Lille.Sy sê dit gaan nie eens oor die geld vir haar nie, maar haar goeie naam en integriteit. Sy voeg by sy het in die verlede al hofsake teen die DA gewen.Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, het teen druktyd gister nie kommentaar gelewer nie. Malatsi het egter aan Eyewitness­ News gesê dat die saak aandag kry. “Die saak is by ons prokureurs en ons sal dit hanteer deur die hofprosesse.”Malatsi het aan News24 gesê dat De Lille se prokureursbrief by hulle regspan is en dat hulle mettertyd daarop sal reageer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/leuenaars-in-da-speel-vuil-20190310

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.