Liefde blom rooi op V-day

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE liefde het gister op Valentynsdag geblom in die Baai.Verskeie mense het die dag gevier deur hulle in rooi te tooi en presente vir hulle geliefdes te koop.Raymond Mateza het gister by die Cleary Park- winkelsentrum­ gaan shop om vir sy meisie, Ruzel Baartman, ’n present te koop.“Ek koop vir haar iets, want sy is iemand spesiaals en my steunpilaar.“Sy ondersteun my in alles wat ek doen,” sê Mateza.Lauren Naicker het haar dogter, Mia, na dieselfde winkelsentrum geneem om haar ’n bietjie te bederf. Planne“Ek het vir my dogter ’n rooi roos gekoop. Haar pa is in die werk en ek’t gedink ek gaan haar ’n bietjie uitbring. Ek weet nie of my man planne het vir ons vanaand nie. “Ons sal maar sien,” het Lauren met ’n glimlag gesê.Valentynsdag is nie vir almal so exciting nie. Andiswa Gadudu, ’n student op die PE College se Dower-kampus, sê: “Ek het ongelukkig nie planne nie, want ek het nie ’n boyfriend nie.”’n Medestudent, Avuyile Ncamani, sê sy is ook single en het nie regtig planne saam met ’n ou nie. “Ek gaan maar my tyd saam met my single vriendinne geniet.”Die Primêre Skool Republiek het ’n spesiale Valentynsdag event vir die kids gehou en oral was rooi te sien.rooi en mooi: Die twee hartediefies is reg vir die spesiale dag. blomme: Avuyile Ncamani (links) ontvang ’n roos by Anathi Mduduma. Agter staan Andiswa Gadudu met haar roos.Foto: theo jepthaliefde: Clea-She Sauls kry ’n drukkie by haar date, Wanay Jantjies. Foto: deon ferreirahartjies: Calie Bester en Shenique Afrika het hul gesigte laat verf vir die spesiale dag.Foto: deon ferreirasweet: Raymond Mateza koop vir sy meisie, Ruzel Baartman, ’n Valentynsdag-present.Foto: theo jepthaoulik: Mia Naicker ontvang gister ’n roos van haar ma, Lauren.Foto: theo jepthapragtig: Cloe de Jager het spesiaal mooi aangetrek vir die dag van liefde.Foto: deon ferreira

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/liefde-blom-rooi-op-v-day-20190214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.