Life vir rapist sonder regret

Please log in or register to like posts.
News
Life vir rapist sonder regret

DIE kinder­verkragter Liam Jones is gister in die Baaise hooggeregshof vir lewenslank tronk toe gestuur.Jones (41) van Windvogel in die Baaise Northerns is laas jaar op 2 Julie skuldig bevind aan twee klagte van verkragting en een van ontvoering. Sy slagoffers was ten tyde van die voorvalle onderskeidelik 18 en 5 jaar oud. Regter Nomawabo Msizi het hom gister lewenslange tronkstraf opgelê vir die verkragting van die toe vyfjarige meisie en nog vyf jaar vir haar ontvoering.Sy het hom daarby 10 jaar tronkstraf opgelê vir die rape van die 18-jarige vrou.Die voorvalle het op 29 Januarie 2011 en 29 Julie 2013 plaasgevind. Jones was op bail uit vir die rape van die 18-jarige toe hy die vyfjarige verkrag het. Volgens Msizi tel die ouderdomme van die twee slagoffers ten tyde van die voorval as verswarend.SterkerSy sê al was die ouer slagoffer ten tyde van die voorval reeds 18 jaar oud, was sy steeds kwesbaar.Volgens die regter het nie een van die twee slagoffers ’n kans gestaan teen Jones nie omdat hy – soos hy homself beskryf het – ’n sterk man is. Sy sê Jones was ten tyde van die verkragtings nog sterker omdat hy toe in sy vroeë 30’s was. Liam Jones Volgens Msizi kan ’n mens jou net indink watter vrees en angs die meisie moes ervaar het toe Jones haar ontvoer en haar mond met sy hand toegedruk het toe sy probeer het om haar ouma te roep om te kom help. Msizi het ook verwys na die kind se vrees toe Jones haar geneem het na ’n donker plek wat uit die openbare oog is.Sy het voorts verwys na die vrees en angs wat die 18-jarige vrou moes verduur het toe Jones – ’n onwel­kome gas in haar huis – haar in die oënskynlike veiligheid van haar huis verkrag het.Volgens Msizi was die vrou so bang vir Jones dat sy hom gehelp het om te ontsnap toe haar ma by die huis aankom.Msizi sê ook Jones het nie ’n kondoom gedra toe hy die vrou verkrag het nie.Volgens die regter het Jones die vrou om dié rede expose aan die moontlikheid om MIV/vigs en ’n ander seksueel oordraagbare siekte op te doen.Msizi sê Jones het geen berou getoon nie en is ook nie in staat om gerehabiliteer te word nie. Volgens haar het hy nie aan die hof verduidelik hoekom hy dié way opgetree het nie. Adv. Mbulelo Nye­ndwana het aan­gekla.

Reactions

Nobody liked ?