Lolklag: Ou by die huis

Please log in or register to like posts.
News
Lolklag: Ou  by die huis

HEIDELBERG. – Die 61-jarige onderwyser en koshuisvader wat teregstaan op aanklag van seksuele aanranding, se bail-voorwaardes is verslap.Die onnie het na bewering op 30 Julie verlede jaar ’n leerder by die skoolkoshuis seksueel aangerand.Die beskuldigde se prokureur het die hof gevra om sy borgtog-voorwaardes te verslap om hom toe te laat om by sy huis tuis te gaan. Dít is glo omdat sy gesondheid nie van die beste is nie. Hy moes vroeër in Caledon tuisgaan. OndersteunBenewens dié toegewing mag hy ook tyd deurbring op die gholfbaan, asook ’n dam op ’n nabye plaas besoek vir oefeninge om sy toestand te verbeter. Volgens die staat is die ondersoek afgehandel en is hy gereed om die saak in die streekhof voort te sit. Die hofverrigtinge is bygewoon deur vele plaaslike inwoners wat die beskuldigde kom ondersteun het. Die saak is tot 5 April uitgestel vir verhoor in die streekhof in Riversdal.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.