Longsiekte eis man wat in riool leef

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

SIES: Dié drein in Bakkiesblomstraat is al sedert Oktober 2018 verstop.onplesierig: Robyn Goeda en Gilbert Petersen van Bakkiesblomstraat se erf is vol riool.PROBLEEM: Maria Pieterse van Hickory­straat sukkel sedert Oktober met ’n verstopte drein in haar jaart.TRAGIES: Die shack van Craig Solomon van Hickorystraat is onder rioolwater. Hy is Woensdag oorlede weens ’n chroniese longsiekte wat vererger is deur die erg onhigiëniese omstandighede.Foto’s:DEON FERREIRAKLAGTES: Johnny Arends, raadslid, stel ondersoek in ná oproepe van inwoners in sy wyk oor die verstopte rioolpype.’N SIEKLIKE man het Woensdag sy lewe verloor nadat hy maande lank in riool geleef het.In die laaste dae van sy lewe het Craig Solomon aan Son op Sondag vertel hoe hy in riool lewe wat daagliks by sy shack inloop.Dis ’n vieslike gemors in Arcadia in die Baaise noordelike gebiede.Solomon se plek is onder riool en hy het uit moedeloosheid planke op sy vloer gesit om op te loop.“Ek kan nie eet of asemhaal nie. Ek het longprobleme en asma, wat net erger geraak het,” het hy ’n dag voor sy dood gesê.“Ek kan nie in die aande slaap nie en my plek is al muf. Die meubels is nat en ek moes van my klere weggooi.”SkoongemaakVerlede week het Johnny Arends, ’n DA-raadslid, ’n draai by die on­gelukkige inwoners gaan maak. Talle huise het dié probleem.Dimitri Gallant van Hickorystraat sê dit het in Oktober begin.“Die hele plek is vol stront. Die munisipaliteit het in Desember mense uitgestuur. Hulle het die dreine skoongemaak, maar ná ’n week was die probleem terug.“Ons het elke dag gebel, maar hulle sê net hulle sal die navraag aanstuur. Dis swak diens.”Gallant sê hy het ’n tweejarige kind wat ’n nat hoesie het en puisies kry.Maria Pieterse, ook van Hickorystraat, is moeg van die stank.“Die riool is so erg dat ek nie voor of agter by my huis kan ingaan nie. Ek moet deur my neighbours se jaart gaan. My kind kan nie eens buite speel nie.Ondraaglik“Ons kon nie Krismis hier eet nie en moes uitgaan. Ons nooi nie eens meer gaste hierheen nie, want dis net té erg.”Gilbert Petersen van Bakkiesblomstraat sê dis ondraaglik en hul vensters is heeltyd toe.“My jongste kind is twee jaar oud en het gereeld ’n asma-bors.”Arends sê hy bel die munisipaliteit minstens drie maal ’n week.“Al wat hulle sê, is dat hulle dit gestuur het na die relevante afdeling toe. Die riool affekteer die mense se eetgewoontes en leefstyle en dit is ’n gesondheids­risiko, veral vir sieklike mense en kinders.”Mthubanzi Mniki, ’n munisipale woordvoerder, sê hy sal ondersoek instel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/longsiekte-eis-man-wat-in-riool-leef-20190202

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.