Lotto-wenner ná 3 dae nog stil

Please log in or register to like posts.
News
Lotto-wenner ná 3 dae nog stil

IEWERS in die Kaap loop iemand rond wat amper ryker as die Guptas is.Maar dié winnings was teen gistermiddag nog nie opgeëis nie.Iemand het Dinsdagaand in die PowerBall-trekking ’n allemintige R232 131 750 gewen.Naledi Masopha, ’n woordvoerder van Ithuba, het bevestig iemand het die land se grootste enkele wenkaartjie by die OK Minimark in Goodwood gekoop.“Niemand het ons nog oor die geld gekontak nie,” sê Masopha.Die persoon het net R22,50 betaal vir die kaartjie. Hy of sy het self die nommers gekies. Dit was die grootse prysgeld wat nog in die Nasionale Lotery se geskiedenis gewen is.Vanaand se PowerBall staan reeds op ’n verwagte R5 miljoen en die PowerBall Plus op R36 miljoen.Woensdagaand se Lotto-prysgeld van R10 miljoen sou ook ’n gaatjie of twee toestop. Die Lotto Plus 1 was R10,3 miljoen en die Lotto Plus 2 sowat R1 miljoen.So twee weke gelede het iemand van Ravens­mead sy wengeld van R28 miljoen eers ná byna ’n jaar gaan opeis – met net drie dae oor voordat dit sou verstryk.Die kaartjie is op 13 Februarie in Parow gekoop en eers byna ’n jaar later ingegee.Lotto-kaartjies is net ’n jaar geldig voordat hulle verval.Wanneer dít gebeur, word die wengeld aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.