Lover se wraak | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Lover se wraak | Die Son

’N MA en haar dogter verskyn vanoggend weer in Heidelberg se hof vir die moord op ’n ouer paar.Die ma en dogter is die naweek aangekeer. Die hele dorp is Vrydag net ná middernag tot diep in sy fondamente geruk toe George “Jors” Michaels (62) en sy spesiale vriendin, Elizabeth “Elie” Rudolph (64), in Michaels se huis in Diepkloof vermoor is. Die twee is na bewering deur Sabina Hartnick (54), ’n jaloerse eks van Michaels, en haar dogter, Annemarie Skietekat, om die lewe gebring. Albei beskuldigdes is al vir moord gevonnis. Joan Gouws, ’n buurvrou, het die polisie gebel nadat Hartnick haar gevra het om dit te doen. Gouws vertel Hartnick het beweer die 31-jarige Skietekat het die twee doodgesteek. Gouws voeg by haar seun het vir haar gesê hy het Hartnick en Skietekat net ’n rukkie tevore verby hul huis gesien stap. Volgens die bure op die moordtoneel het Hartnick vir Michaels al vele kere met die dood gedreig. Hartnick het hom verlede jaar meer as 20 keer met ’n mes gesteek. Sy moet Dinsdag 26 Februarie in die hof wees om op dié aanklag gevonnis te word.Volgens AO Alroy Windvogel, die plaaslike polisiemediabeampte, het die cops in die slaapkamer op die twee lyke afgekom. VERSTOM: Sabina Conradie en Joan Gouws, twee van die neighbours, staan verslae op die misdaadtoneel.Windvogel het gesê Michaels en Rudolph is albei met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek. “Michaels is ook iets soos 20 plus keer op ander dele van sy liggaam gesteek. “Ons wag nou op die uitslag van die nadoodse onder­soek,” het Windvogel bygevoeg. OnbedaarlikHy het ook bevestig dat die twee beskuldigdes vorige veroordelings vir moord het.Rudolph was die afgelope 12 jaar as huishulp in diens van Windvogel en sy vrou, Cathy. Cathy en haar dogter, Elzette Roberts, het onbedaarlik op die toneel gehuil. Beide Cathy en Elzette het gesê hulle het Rudolph aan­houdend gewaarsku om Michaels­ uit te los, aangesien die beskuldigde hom so gedreig het. Hartnick en Skietekat het Maandag die eerste keer in die hof verskyn. Die saak is toe tot vandag uitgestel.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.