Luis voel veer vir vyf jonges

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SATERDAG is die stem van ’n tienerseun met ’n outgoing persoonlikheid finaal stilgemaak.Leawon Miller (13) se lewe is in ’n koelbloedige skietvoorval in die noordelike gebiede van die Baai geneem. Drie mense is beseer.Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval Saterdag 12:40 in Barberryweg in Uitbreiding 32, Bethelsdorp, plaasgevind.AangehouVolgens haar was daar vyf mense in die huis. Die voordeur was oop. ’n Onbekende man het deur die voorhekkie by die erf ingestap.“Hy het na die huis begin skiet. Hy het by die huis ingegaan en aangehou met skiet. ’n Dertienjarige seun het verskeie koeëlwonde opgedoen en is op die toneel oorlede. “Drie ander slag­offers, van 11 tot 26 jaar oud, het ook skietwonde opgedoen. ’n Vyfde persoon (19) is nie beseer nie.”Die verdagte het van die toneel gevlug. Die motief vir die skietery is nog onbekend. Een saak van moord en vier sake van poging tot moord is geopen.Leawon het by sy oupa George Miller (64) gewoon.’n Geskokte George sê hy kan nie die gevoel beskryf nie. Nadat iemand hom Saterdag geroep het, is hy na die huis toe. Die polisie het hom nie op die toneel toegelaat nie. “Leawon was ’n normale seun. ’n Bietjie woelig, soos enige ander seun van sy ouderdom. Hy was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. “Hy het goed gevaar op skool en het altyd sy huistake gedoen voordat hy saam met sy vriende gaan kuier het. “Hy het baie goed geteken en ek het nog beplan om vir hom ’n tekenbord te koop. “Ek het groot drome gehad vir die outjie,” sê ’n hartseer George.Leawon laat sy oupa, ouers en ’n jonger broer agter.Die Oos-Kaapse polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, het die moord en aanval sterk veroordeel. “Die provinsiale eenheid wat georganiseerde misdaad ondersoek, se afdeling vir bendeverwante voorvalle volg leidrade op.”VertroulikDaar is rumours dat ’n man wat deur die skieter gejaag is, in die badkamer van die betrokke huis gaan wegkruip het.Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap van Beth­elsdorp om met hulle saam te werk. Enige iemand met nog inligting oor die skietvoorval word gevra om Stop Misdaad by 08600 1011 of die Bethelsdorp-polisie by 041 404 3005 te bel. Alle inligting word as streng vertroulik gehanteer.Intussen is niemand nog gearresteer vir die moord op Keanan Louw (26), Deacon van Rooyen (16), Chadwin Calvert (17) en Ruaan Willemse (8) nie. Op 2 November het twee gewapende mans 21:20 die deur oopgeskop van ’n huis in Capuletstraat in Booysenpark. Die verdagtes het ’n ketting van ’n 26-jarige man se nek afgeruk, op die mense in die huis begin skiet en toe spore gemaak.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/luis-voel-veer-vir-vyf-jonges-20190203

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.