LUR erken baie werk nog nodig

Please log in or register to like posts.
News
LUR erken baie werk nog nodig

DIE Back to Basics (B2B)- program se doel is om ’n medemenslike en aanspreeklike departement te bou. Dit kan munisipaliteite en instellings vir tradisionele leierskap help om gemeenskappe beter te dien.Die Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele­ sake (Cogta), Fikile­ Xasa, was gister in die Baai om ’n praatjie te lewer in ’n engagement-program.Cogta se mikpunt is om B2B tot uitvoer te bring.Xasa sê daar is 514 war rooms in wyke oor die provinsie gestig. Dié war rooms is daar om raadslede en inwoners te help om gereeld in kontak te bly sodat gemeenskapskwessies bespreek kan word. Protesaksies Daar is ook 705 wykskomitees gestig.Maar hy voeg by net 319 van die war rooms funksioneer­ tans. Die provinsie het plaaslike kantore vir tradisionele leiers in ses distrikte en in een metro-munisipaliteit gevestig.Hy sê voorts: “Die provinsie ondervind sporadiese protesaksies oor dienslewering.“Gemeenskappe kla hoofsaaklik oor geen toegang tot water en elektrisiteit, asook oor paaie, behuising en dienslewering. Regeringskwessies soos bewerings van korrupsie en wanbestuur feature ook.“Die meeste van die aangemelde protesaksies het in die informele nedersettings plaasgevind.”Volgens hom is daar vordering­ gemaak wat basiese dienslewering betref.Die aantal huishoudings met toegang tot water het van 79% in 2014 tot 89% laas jaar gestyg Dié met toegang tot sanitasie het in dieselfde tydperk gestyg van 66% tot 80%.Sowat 97% van huishoudings in die provinsie het toegang tot elektrisiteit.Die gemeenskapswerker-program (CWP) het intussen 44 669 nuwe werksgeleent­hede in die provinsie­ geskep.Xasa erken Cogta is onder druk as gevolg van interne uitdagings. Dit het gelei tot negatiewe mediadekking wat bewerings van ’n seks-vir-werk scheme en nepotisme insluit.“Dit is ons begeerte om Cogta te hervorm om sy status terug te kry as die departement wat die beste presteer in regeringsbestuur en ’n getroue leier in dienslewering is.”ToegewydXasa gee die versekering sy department is daaraan toegewy om gemeenskappe met behulp van die B2B-program beter te dien.Die LUR sê ten spyte van die departement se prestasies wat dienslewering betref, is dit duidelik dat nog veel meer gedoen moet word wat betref opleiding en steun aan munisipaliteite­ om die mandaat van dienslewering toe te pas.Hy sluit af deur te sê dat die nasionale ontwikkelingsplan dit duidelik maak dat munisipaliteite moet funksioneer as die transformasie-agenda gaan vorder.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.