LUR hou haar lyf detective

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE LUR vir vervoer het gister self op die busse van die Baaise geïntegreerde openbare vervoerstelsel (IPTS) gery.Oktober is vervoermaand. Daarom het Weziwe Tikana besluit om self te gaan kyk of alles vlot verloop.“Vandag is die formele inleiding van die IPTS. “Dis belangrik om te verstaan dat daar aanvanklik uitdagings was om dit aan die gang te kry. Dit gaan ook oor die insluiting van die minibus-operateurs.”Volgens Tikana is die roete van Cleary Park tot in Sentraal en terug die eerste fase van die projek. Die tweede fase (oftewel fase 1B) sal in die nabye toekoms geïmplementeer word. “Ons moedig mense aan om die IPTS-diens te gebruik. Dit sal hulle help om veilig te reis. “Ons waardeer dit dat ander taxi-operateurs ingesluit word by die IPTS se diens.”Rosie Frolick Rosie Frolick, die burgemeesters­komiteelid vir paaie en vervoer, sê oor die indiensstelling van fase 1B en C van die IPTS: “Ons as munisipaliteit pak dit in fases aan. Fase 1A is in Cleary Park. Dit operate al.” Frolick verduidelik fase 1B tot D moet nog in werking gestel word. “Ons as munisipaliteit het besluit ons gaan fase 1B na die Uitenhage- KwaNobuhle- en Despatch-omgewing neem.“Ons het reeds van die busse na Uitenhage toe geneem. Die mense het dit verwelkom.”Frolick sê fase 1B gaan op die laatste in April volgende jaar geïmplementeer word.Die infrastruktuur is volgens haar daar en reg om gebruik te word. Die paaie moet net oorgedoen word.Fases 1C en 1D is vir onderskeidelik die Njoli-area en Somerstrand. Frolick voeg by die implementering van dié fases sal werk skep. Die jeug sal daarby baat vind.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/lur-hou-haar-lyf-detective-20181011

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.