Lykie in drein skok | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN in Uitenhage moes Woensdag suikerwater sluk vir die skok nadat ’n babalykie vlak voor sy oë uit ’n verstopte drein gepop het.Marlon Petrus en Cheslin Louw van Finecorp Trading het die gruvonds gedoen.Hulle was besig om ’n verstopte drein in Kabah in Uitenhage skoon te maak. Brayden van der Bergh, die supervisor, sê die outjies het die drein skoongemaak deur ’n rod daarin af te druk. FlouHy sê die next oomblik toe pop die babalykie by die drein uit. Van der Bergh vertel hy moes Louw suikerwater injaag toe dit lyk asof dié wil flou val.Eugene Stenekamp (37), wat langsaan die verstopte drein woon, sê dit was so voor 12:00 toe een van die werkers histeries na sy huis toe aangehardloop kom.Stenekamp vertel toe hy die man uiteindelik tot bedaring kon bring, toe deel dié hom mee dat die naelstring eerste uit die verstopte drein gespoel het en daarna die lykie.Volgens Stenekamp het die man aanvanklik gedink dis ’n derm – totdat die lykie uitgespoel het. Stenekamp sê hy het toe ook gaan ondersoek instel.geskok: Eugene Stenekamp by die doodsdrein.Volgens hom het die baba op sy of haar magie gelê. Stenekamp sê die baba het vir hom goed ontwikkeld gelyk.Volgens hom het die vonds sy vrou ook ontstel omdat sy drie maande gelede ’n miskraam gehad het. Jamie-Lee Davis was ook ten tyde van die gruvonds in die onmiddellike omgewing.Sy sê toe die ou gil: “Kom kyk! Hier’s ’n kind!” het sy ook gaan kyk. Volgens haar het sy skielik “swak” geraak toe sy die lewelose liggaampie daar sien lê.Die trane loop vrylik oor Davis se wange terwyl sy Son hiervan vertel.Volgens De Vos was die babatjie se gesiggie bedek met vullis. “Watter ouer doen dit aan ’n kind? Daar is so baie getroude mense wat kinders soek. Ek hoop hulle vind daai vrou.”Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Kamesh het begin met ’n geregtelike doods-ondersoek nadat ’n fetus rondom 12:00 naby Kanonstraat uit ’n verstopte drein getrek is.Sy sê die geslag en ouderdom van die fetus is in dié stadium nog onbekend.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/lykie-in-drein-skok-20180914

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.