Ma hartseer oor dogter haar lewe weggooi

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaONS 15-jarige dogter het onlangs die lewe geskenk. Ons is baie teleurgesteld dat sy haar toekoms so weggegooi het.Antie,
ek en my man was behoorlik geskok toe ons uitvind dat sy swanger is.
Ons kon niks aan die saak doen nie, want sy was al te ver swanger.Naweke sou sy kamstig na haar tjommie toe gaan, maar eers toe dit te laat is, het ons besef sy het heeltyd na dié outjie gegaan.Hy
is ’n wannabe mechanic en ’n hele klompie jare ouer as sy, maar hy is
meer op die pad en vry in die rondte as wat hy aan rygoed werk.Dan, wanneer hy uitgevang word, word my arme kind se oë blou geslaan.My
man het al met hom gepraat en hom die pak van sy lewe belowe. Dit gaan
dan vir ’n rukkie goed, maar dan begin hy weer met sy streke.My
dogter wil ook nie hoor nie en wil nie van hom wegbly nie. Sy sal vir
ons lieg en sê dis verby tussen hulle, maar dan sien sy hom weer
skelmpies.Ek werk weens gesondheids­redes nie meer nie en sien om na my kleinkind terwyl sy in die skool is.Maar pleks daarvan dat sy op haar skoolwerk fokus, pas sy dié jong se stert op omdat sy bang is hy cheat weer op haar.Ons weet nie meer hoe om tot haar deur te dring nie.Dit frustrate my verskriklik en maak my hartseer dat my kind haar lewe so weggooi. – Moedelose MaJa-nee wat, dis glad nie lekker vir ’n ouer wanneer hulle kind sy of haar geleenthede in die lewe weggooi nie.Dit is jammer dat sy op so ’n vroeë ouderdom oor die tou getrap het, maar sy het ’n tweede kans gekry.Education is mos maar ál way om iewers in die lewe te kom.Ongelukkig blyk sy so verleë oor dié man te wees dat sy nie besef dié sleg ding hou haar terug nie.As hy haar nou al so verrinneweer, hoe gaan dit nie in die toekoms wees nie?En duidelik steur hy hom nie aan die praatjies wat jou man met hom gehad het nie.Sy hoef nie dié jong se slaansak te wees nie.Julle
dogter moet van die skille op haar oë ontslae raak sodat sy hom nie net
kan sien vir die papbroek wat hy is nie, maar sodat sy sy gat vir ’n
slag in die tronk kan sit as hy weer sy poffer­handjies vir haar lig.Moenie ophou probeer om sense in haar kop te praat nie.Laat sy elke liewe­ dag hoor sy is special en niemand se persona­lised slaansak nie.Hopelik kan julle tot haar deurdring. Sterkte!

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/ma-hartseer-oor-dogter-haar-lewe-weggooi-20190220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.