Ma mooier gebêre danksy baas

Please log in or register to like posts.
News
Ma mooier gebêre danksy baas

ROBERTSON. – ’n Man is omtrent oorstelp oor ’n act of kindness nadat hy sy ma aan die dood afgestaan het.Thomas Skebota het meer gekry as waarop hy gebar­gain het.Sy werkgewer het– sonder dat hSkebota dit vooraf geweet het – vir sy ma ’n duurder begrafnis gehou as wat hulle kon bekostig.Skebota het sy ma, Maria (81), Sondag begrawe.Hy sê toe sy ma se kis by die huis ingedra word, was dit nie die een wat hy vir haar gekies het nie.Volgens Skebota was die lykwa ook nie die een wat hy bestel het nie. Hy vertel betraand: “ Tot my verbasing het twee fancy karre voor die huis stil­gehou. Dit was vir ons familie.”Ook by die begraafplaas is spesiale moeite gedoen wat Skebota nie sou kon bybring nie.BegrotingHy werk by die onder­nemer wat die begrafnis ge-upgrade het.Volgens Skebota het sy ma begrafnisdekking van net R5 000 uitgeneem.“Ek het toe binne daardie begroting ’n begrafnis ge­reël,” vertel hy. ’n Oorblufte Skebota sê hy was uit die veld geslaan toe hy sien waarmee sy werk­gewer hom verras. Hy sê die begrafnis was uit die boeke.“Daar was ook kos vir die familie wat van ver gekom het,” voeg hy by.Skebota wil graag sy werkgewer bedank vir die goeie gebaar.Volgens Reagan Appolis van El Shaddai Funeral Serv­ices is Ske­bota ’n baie goeie werk­nemer. Dit is die rede vir die mooi begrafnis.“Ons doen dit so met ons werknemers wanneer hulle geliefdes afsterf,” verduidelik Ap­polis.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply