Ma: Red ons van my kind

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N SKISOFREEN van die Baaise Northerns het 19 jaar lank ’n normale lewe gelei totdat “daai flerrie van Johannesburg hom dagga laat begin rook het”.Die 66-jarige ma van dié 44-jarige man van Salt Lake vrees haar seun kan relapse­ omdat hy – sedert hy Desember laas jaar aan die dagga blootgestel is – nie meer al sy medikasie neem nie en vreemd optree.Sy vrees ook vir haar eie lewe omdat die einste seun op 10 April 2000 sy broer, skoondogter en antie doodgeskiet het. Sy niggie sê hy maak almal wat hom nou wil probeer help ’n teiken. Sy bekommerde ma sê: “Ek voel ek is in gevaar. Ek is nou sy enemy. “Ek vrees vir my lewe en is bang hy moor weer.” Volgens die ma is haar seun nooit vervolg nie omdat skisofrenie by hom gediagnoseer is en hy dus destyds nie toerekeningsvatbaar was nie.Sy sê toe hy destyds uit die Psigiatriese Hospitaal Fort Eng­land ontslaan is, het hy 19 jaar lank ’n normale lewe gelei en sy medikasie getrou geneem.OnsamehangendDie ma vertel in Desember laas jaar het haar seun vreemd begin optree. Dis toe ’n getroude vrou van Johannesburg – wat saam met hom grootgeword het – uit die bloute daar opgedaag en hom aan dagga blootgestel het.Volgens sy ma is hy nou suicidal en hy praat onsame­hangend. Die ma sê: “Ons is nou te bang om hom weer hospitaal toe te vat, want as hy release word, gaan hy ons targets maak. “Hy moet gehospitaliseer word sodat die dagga uit sy system kan kom. “Ek wil hê hy moet Elizabeth­ Donkin­ toe gaan.”Die ma pleit by die hospitaalowerhede om nie haar seun weer – soos in die verlede – te ontslaan net omdat hy onder die 72 hour observasie normaal opgetree het nie. Volgens die niggie fail die stelsel haar familie al 19 jaar. Die ma sê vroeg in 2000, kort voor die moorde, het sy gesien iets is nie lekker met haar seun nie. Volgens haar het hy onder meer goed kwytgeraak soos dat hy in die grave­yard ’n meet­ing het. Hy het ook sy broer se selfoon in die oond gedruk.Die moedelose ma sê sy het haar seun al sowat vyf keer hospitaal toe geneem oor sy vreemde gedrag.Volgens haar het die hospitaal hom dan net vir 72 hour observation gehou, waarna hy ontslaan is. Die ma sê sodra hy ontslaan is, brag hy by sy familie: “I conned them.”’n Berader by die South African Depression and Anxiety­ Group (Sadag) moedig die familie aan om hulle te kontak vir hulp. Sadag se hulplynnommer is 011 234 4837.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/ma-red-ons-van-my-kind-20190225

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.