Ma sien kind (4) ‘loop swaar’

Please log in or register to like posts.
News
Ma sien kind (4) ‘loop swaar’

HAAR onskuld is vir ewig van haar weggeneem.Vir ’n meisie (4) van die idilliese Weskusdorpie Paternoster­ gaan niks weer dieselfde wees nie.Dié meisietjie is na bewering op 10 Februarie deur ’n 16-jarige seun verkrag, nadat sy langs haar broer gelê en slaap het.Volgens haar mammie (41) het sy die betrokke dag gaan werk en haar dogtertjie by haar oudste seun gelos.Ironies genoeg is dié seun ook sowat 20 jaar gelede gesodomiseer toe hy drie jaar oud was.Daar het niks van dié saak gekom nie, sê die mammie.“Ek het die Sondag gaan werk en my dogter het by my seun in sy kamer gaan slaap wat die oggend uit nagskof gekom het.“Toe ek die middag by die huis kom, het ek gesien my kind loop so swaar en toe ek haar hieroor uitvra, sê sy die klong het haar koekie seergemaak.”Die mammie sê sy is dadelik met haar dogter na ’n kamer om te gaan check wat aangaan. “Toe ek haar broekie aftrek, het die semen begin om langs haar been af te loop.“Ek was so geskok dat ek net daar inmekaargesak en begin huil het. Ek het die polisie laat kom, maar die klong is dan weer buite.Opgetel“Mense het later gesê hulle het hom gesien waar hy my huis by die venster binnegekom het, maar niemand het gedink dat hy só iets beplan nie.”Die vermeende verkragter het die slapende kind vermoedelik langs haar broer opgetel en in ’n ander slaapkamer gaan verkrag het. Die broer sê hy het niks gehoor nie.“Ek was so moeg en het vas geslaap,” het hy gesê.Die ma sê sy gaan dinge nie so los nie. “Hy (die vermeende rapist) het sy hand om my kind se mond gesit en het haar toe in ’n ander slaapkamer gaan verkrag.“Toe my seun op driejarige ouderdom verkrag was, het daar niks van daai saak gekom nie.“Hoewel die suspect al in die hof verskyn het, het ons nog nie eens ’n saaknommer gekry nie.“Daar het ook nog niks van die beloofde berading vir my kind gekom nie. Deur die dag is sy fine, maar saans is sy skrikkerig – veral as haar rapist hier by ons huis verbyloop.”Son op Sondag wou by die cops hoor hoekom die gesin nog nie van ’n saaknommer voorsien is nie en hoe hul ondersoek vorder.Ons wag egter nou nog op die cops se antwoorde.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.