Maatjies raak monsterprooi | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Maatjies raak monsterprooi | Die Son

GRABOUW. – Twee jong meisiekinders beweer ’n belustige man het hulle onderskeidelik verkrag en onsede­lik aangerand.Die 12-jarige meisie beweer sy is verkrag en haar 11-jarige vriendin sê sy is onsedelik aangerand.Volgens die twee meisies het hulle sowat drie weke gelede by ’n dam geswem toe die jagse man daar aankom.Die meisies vertel hy het eers klippe gegooi na die seuns wat ook by die dam gespeel het om hulle te verjaag.Daarna het hy die meisies pere, vye, appels en druiwe gevoer wat hy op ’n plaas gesteel het, vertel hulle.Die meisies het aan Son gesê nadat hulle hulle dik geëet het, het die man gesê hulle moet die favour return.Die ouer meisietjie het vertel: “Ons wou terugloop huis toe, maar die man wou nie hê nie. “Hy het ons geroep en gesê ons moet in die bosse by hom kom sit. “Ons was bang en wou nie.“Hy het sy mes in die grond gegooi en gedreig hy gaan ons vrekmaak as ons nie gaan kom nie.“Ons het toe by hom gaan sit en hy’t gesê ons moet ons oë toemaak.“Hy het eers my pantie afgetrek en toe sy skaamdele in my gedruk.“Hy het toe ouderwets met my gemaak. “Ek was in pyn, maar ek was te bang om enige iets te sê.”Die meisie sê toe die man klaar was met haar, het hy haar vriendin genader en wou haar ook opklim.GehuilDie vriendinnetjie vertel: “Ek het gehuil en hy het gevra of ek vrek wil gaan.“Hy’t vir my ook gesê ek moet my oë toemaak.“Ek het dit oopgehou terwyl­ die man my pantie afgetrek het. “Hy het aan my boude gevryf en ek het erg begin huil. Hy het my toe gelos.”Dié nare voorval het eers sowat ’n week gelede uitgekom nadat die verkragte meisie vir haar suster vertel het wat gebeur het.Nadat die storie by ’n juffrou se ore uitgekom het, het sy die kinders polisiestasie toe geneem.Die 11-jarige meisie se ma het gesê by die hospitaal is bevestig haar kind is nie gepenetreer nie.Die 12-jarige meisie het skeurwonde opgedoen en moes net daar sewe ARV’s sluk.Volgens die 11-jarige se ma loop die vermeende verkragter steeds vry rond. Die woedende ma sê: “Ek het nog net daai een dag van die polisie gehoor.“Ek het hulle nog nie met ’n oog raakgesien nie, maar ek sien gereeld die man.”’n Woordvoerder van die polisie, sers. Noloyiso Rwe­xana, het bevestig die polisie ondersoek ’n voorval van verkragting.AangemeldRwexana het gesê: “Die voorval het op 2 Februarie gebeur, maar is eers op 12 Februarie aangemeld.“Die omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek. “Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.