Man (67) se lyk gevind ná boef bakkie steel

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN van Bethelsdorp in die Baai is voor sy huis noodlottig met ’n mes in die bors gesteek en sy bakkie is gesteel.Die Bethelsdorp-speurders ondersoek ’n saak van moord. Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het dit Sondag 01:54 in Coombsweg plaasgevind.Polisielede het gereageer op ’n klagte in dié straat.“Met hulle aankoms op die toneel het hulle die 67-jarige Edward Donson (se lyk) in die oprit gevind. Opgespoor“Hy het ’n steekwond in die bors gehad,” het Janse van Rensburg gesê.Die familie het die polisie ingelig dat Donson se groen Corsa-bakkie skoonveld is.Lede van die Baaise honde-eenheid het Maandag omstreeks 09:00 die verlate voertuig opgespoor in Phuhlisostraat in KwaNoxolo.Die voertuig was heeltemal gestroop.Niemand is gearresteer nie en die ondersoek duur voort.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-67-se-lyk-gevind-na-boef-bakkie-steel-20181030

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.