Man aangerand, polisie glo laks

Please log in or register to like posts.
News
Man aangerand, polisie glo laks

DIE gemeenskap in die Strand is erg ontevrede nadat ’n Bangladesji-winkelassistent onlangs aangerand is en oor die manier hoe die cops die saak ondersoek het.MD Rashal (20) is verlede Woensdagaand in Palm Supply Stores in Breweryweg, Strand, aangerand toe hy sy broer te hulp gesnel het toe ’n groep mans sigarette en ander goed uit die winkel wou steel.Rashal is lelik deur die lot lafaards geslaan en moes hospitaalbehandeling ontvang.Twee vroue wat anoniem wil bly, sê die familie wat die winkel bedryf, is net goed vir die gemeenskap en die groep mans het nie die reg gehad om so op te tree nie.AangebiedWat die vroue verder ontstel het, is die manier hoe die polisie die saak ondersoek het.Volgens die familie is daar video-beeldmateriaal waar ’n mens duidelik kan sien wat die aand daar plaasgevind het.Hulle vertel hulle het dit aan die polisie se ondersoekbeampte aangebied, maar ál wat gebeur het, is dat daar vir hulle ’n vorm gegee is wat glo deur ’n dokter ingevul moet word.Die polisie weet glo wie die mense is en weier om na die videomateriaal te gaan kyk.Die familie sê as die polisie hulle laksheid voortsit, gaan hulle beslis verplig wees om die saak onder die aandag van hulle hoëkommissaris (ambassadeur) te bring.Lt.kol. Andrè Traut van die polisie se mediakantoor sê die familie moet die saak met die hoof van die Strand se polisie opneem. Dit is sodat hulle­ die swak dienslewering van die polisie kan ondersoek.

Reactions

Nobody liked ?