Man dood ná houe teen kop

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE man in wie se kop ’n aar gebars het nadat booswigte hom Maandag oorrompel en aanhoudend teen die kop geskop het, het gesterf. Ronnie Smit (73) van Sentraal in Uitenhage was ure lank in ’n koma. Hy is Woensdag 21:00 in die Livingstone-hospitaal oorlede.Dinsdag – ’n dag ná die voorval – is Smit na die Uitenhage Provinsiale Hospitaal.Daar is hy glo ’n pakkie water- en vitamienpille in die hand gestop en huis toe gestuur – na bewering sonder dat hy ondersoek is. Toe hy by die huis aankom, het hy in ’n koma gegaan.Kort nadat hy terug is na die provinsiale hospitaal, is hy inderhaas na die Living­stone-hospitaal in die Baai oorgeplaas. Smit het nooit ’n verklaring oor die aanranding afgelê nie.Hy was ’n wewenaar en tenant van Yolanda Erasmus. ’n Huilende Erasmus sê gister: “Ek gaan hulle aanvat. “As hulle hom onmiddellik gehelp het, sou hy nou nog gelewe het.”DonasieVolgens Erasmus het Smit nie ’n begrafnispolis gehad nie. Sy sê sy sal dit baie waardeer as enige een hulle kan help met ’n donasie sodat hy veras kan word. Erasmus sê sy gaan binnekort ’n local undertaker besoek om te hoor hoe hulle bygestaan kan word met die verassing. Volgens Erasmus ken sy nie Smit se familie nie. Hulle kon net in die Kaap ’n antie van hom opspoor en het toe maar die tyding aan haar oorgedra.“Ek wil uitvind hoe om te werk te gaan om ’n saak teen die hospitaal te maak.”oorlede: ’n Meer onlangse foto van Ronnie Smit.FOTO verskafErasmus sê sy was vroeër by die polisiestasie om ’n saak te maak.Toe sy daar aankom, is sy meegedeel ’n cop gaan haar later by die huis besoek vir die verklaring.Son het gister ’n tweede e-pos gestuur aan Lwandile Sicwetsha, Oos-Kaapse woordvoerder van die departement van gesondheid.’n Boodskap is ook op sy selfoon gelaat.Teen gistermiddag laat het hy nog nie op die navraag gereageer nie.Intussen het Son Woensdag verkeerdelik berig dat personeel van die provinsiale hospitaal in Port Elizabeth Smit huis toe gestuur het.Die korrekte weergawe is dat dit die provinsiale hospitaal in Uitenhage was.Son vra verskoning vir die fout.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-dood-na-houe-teen-kop-20180927

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.