Man gee nie duiwel om vandat hy kerkvrou sex

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK EN my man is al 17 jaar getroud. Twaalf daarvan was absolute hel.Antie, my man respekteer my eenvoudig nie.Die eerste vyf jaar van ons huwelik was wonderlik. Ons was baie lief vir mekaar en hy het my op die hande gedra.Maar toe change alles toe hy ’n nuwe werk kry.My man, R, was altyd ’n rustige man. ’n Gesinsman wat daarvan gehou het om naweke saam met my en die kinders deur te bring.As ’n gesin het ons wonderlike tye saam deurgebring. Hy was ’n staatmaker, iemand op wie se knoppie ek dag en nag kon druk.Iemand wat my gereeld met blomme of breakfast in die bed verras het.Toe kry hy sy droomwerk – een wat meer geld sou beteken en ons skuldkopseer sou laat verdwyn. Ons was in die wolke. Ons drome is bewaarheid, want ons het daardie tyd twee klein kindertjies gehad en baie uitgawes.Die eerste paar maande nadat my man by die nuwe werk begin het, was ’n aanpassing, want ewe skielik het hy skofte gewerk.Ná vyf maande by hierdie nuwe werk moes hy skielik vir ’n kursus gaan. Saam met een van sy vrou­like kollegas.Antie, ek het eers niks hiervan gedink nie – totdat ek agterkom het die twee whatsapp mekaar nog lank nadat die kursus klaar was.Ek het hom hieroor uitgevra, maar hy het volgehou hulle is net vriende.Totdat ek eendag op ’n Whats­App-gesprek tussen hulle afgekom het waarin sy hom vra wanneer hy haar weer so lekker gaan seks.Antie, ek was uit my geloof uit geskok. Ek het my man nooit as ’n joller gesien nie. Hierdie vrou is ook getroud. Haar man dien in hulle kerkraad en ek het al gesien hoe heilig sy haar hou wanneer sy in die kerk sit.Sy is kompleet soos iemand wat in ’n fit gaan wanneer die Heilige Gees haar in die kerk tref. Nou weet ek dit is alles net aansit.Hierdie keer kon my man nie meer stry nie. Maar in plaas van sy saak stel, haak hy toe af, klap my en sê ek moet nooit weer op sy phone krap nie.My man het nog nooit vantevore sy hande vir my gelig nie. Antie, ek was geskok en het verneder en seergemaak gevoel.Nie eens my pa het my geslaan toe ek ’n kind was nie. Hoe durf my man dit doen?My man het nie eens die decency gehad om verskoning te vra nie. Hy het net aangegaan asof niks ooit gebeur het nie.Toe begin hy meer “skofte” werk en kom laat huis toe. Sommige naweke het hy nie eens huis toe gekom nie en my en die kinders net so gelos.Wanneer ek hom oor sy whereabouts­ uitgevra het, het hy gevra of ek wil hê my “gevreet moet weer brand”.Ek het die ander vrou se man ge­kontak, maar dié is anderkant vaak. Hy wil net nie glo sy vrou is ’n sleg jintoe nie. Sorry vir die vloekwoord, maar wanneer ek aan haar dink, dan raak ek van voor af bebloed.Hulle steek nie meer hul hoerery weg nie, Antie. Ek weet nie meer wat om te doen nie.Ek huil my saans aan die slaap. My kinders begin ook nou al agterkom iets groots is fout.Ek wil skei, maar dink aan my kinders, wat hulle pa nodig het. Hulle weet nie wat deur die jare aangegaan het nie.My man en sy jolmeid is steeds besig met hulle dinge. Dis al langer as 10 jaar. Hy kan nie eens meer styf word nie, maar jags sal hy hom hou. – Gat-Gatvol, e-posDit is ’n nare, nare huwelik waarin jy jou bevind. Een waarin jou man nie eens omgee oor jou, die vows wat julle afgelê het of julle kinders nie.Vir hom gaan dit net oor sy hoerplesier met ’n ander, getroude vrou.Vrou, ek weet jy dink in hierdie situasie aan jou kinders en hoe alles hulle gaan impact. Maar jou man is dan nie eens geworry oor jou en die kids nie? Julle is die laaste ding op sy mind. Vir hom gaan dit net oor sy lyfplesier met ’n ander man se vrou.Hoekom moet jy hom in alles consider? Jy en jou kinders verdien geluk. Besef jy dit?Jy hoef nie met hierdie pyn te deal en laatnag en naweke te wonder waar hy is nie.Dit is tyd dat jy control neem oor jou en die kinders se lewe. Niemand kan van jou expect om veel langer hierdie nonsies van jou man te entertain nie.Die Vader weet, jy entertain al langer as ’n decade sy jagse grille.Dink eerder vir ’n change wat beter sal wees vir jou en die kinders en doen dit dan.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/man-gee-nie-duiwel-om-vandat-hy-kerkvrou-sex-20181108

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.