Man in hof vir moord op sy ouers

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN (22) wat gebieg het oor die moorde op sy ouers, verskyn vandag op twee moordklagte in die New Brighton-landdroshof in die Baai.Die polisie het die jong man Woensdag 15:30 in hegtenis geneem nadat die lyk van sy 60-jarige pa, Mountain Taule, in ’n oop stuk veld langs Mtistraat in die Govan Mbeki locality aangetref is.Sy inhegtenisneming kom nadat lede van die gemeenskap hom in ’n nabygeleë straat gespot het.Hulle het hom toe oorhandig aan polisiebeamptes wat patrolliewerk in die omgewing gedoen het.VerbrandKapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die jong man het toe Woensdag 19:00 die cops na ’n graf gelei waarin hy sy 55-jarige ma, Jeanette Taule, begrawe het.Beetge sê Jeanette se lyk was nie so erg verbrand soos dié van Mountain nie.Volgens Beetge het die gemeenskap volgehou die seun is mentally challenged.Hy sê die polisie het egter tydens ondervraging vasgestel hy is alert en responsive. Die vermoede bestaan hy is ’n druggie.Volgens Beetge moet die senior staatsaanklaer nou besluit of ’n verdere evaluering van die verdagte nodig is.Genl.maj. Dawie Rabie, die Motherwell-polisie se areabevelvoerder, het sy dank teenoor die gemeenskap uitgespreek omdat hulle nie reg in eie hande geneem het nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-in-hof-vir-moord-op-sy-ouers-20181011

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.