Man is traag op die job, vrou koop toe vibrator

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK EN my man is volgende jaar tien jaar getroud.Ek het nie veel om oor te kla nie, behalwe dat my man baie lui is om sy huiswerk te doen.Ek is die een wat altyd soebat vir ’n stukkie.Antie, ek lees altyd van mans wat in u rubriek kla dat hulle niks van hulle vrou kry nie.Maar dis nie altyd die geval nie. Kyk dan nou vir my.Hierdie ding gaan al ’n hele paar jaar aan.Ek het hom al gevra of hy sy tenk iewers anders leegmaak, maar hy stry dit is nie so nie.Hy het my ook nog nooit rede gegee om so iets te vermoed nie, want hy gaan net werk toe en kom reguit huis toe.PompiesNaweke is ons saam as ’n gesin. So, daar is nie tyd vir hom om skelmpies weg te raak nie.Ek kan nie glo daar is mans wat so traag is om hulle job te doen nie.Hy last ook nie lank nie. Dit is net ’n paar pompies en dan skiet hy. Dan lê ek nog daar, heel onbevredig.Ek het maar vir my skelmpies ’n vibrator gekry, want ek is lief vir my man en sal hom nie met iemand anders verneuk nie.Maar hoekom is hy so lam in die bed?Genade, ons is albei nog jonk en is mos darem nie oor die muur nie. – Onbevredig, e-posAntie vermoed jou hubby se probleem lê dalk by sy Jakob.Dié het waarskynlik ’n “Nee-Kop” geraak weens een of ander mediese kwaal onder die belt.Mans
is mos sensitiewe wesens oor issues onder die belt en as iets daar sou
skort, sal hy die laaste een wees wat dit met jou sal deel.Erektiele disfunksie steek een of ander tyd (askies tog maar die pun) by die meeste mans kop uit.Dit
is niks om oor skaam te wees nie en in die meeste gevalle kan
behandeling voorgeskryf word – mits hulle so vroeg moontlik aanklop vir
hulp.Dit is tyd dat jy die slap bul by die horings pak en eerlik met jou onbevredigende man hieroor praat.Laat hom weet jy is lief vir hom en jy’s bekommerd oor sy welstand.Vra hom om homself te laat uitcheck om seker te maak daar is nie ’n mediese kwaal wat sy gesondheid in gevaar kan stel nie.Hopelik stem hy in en is dit moontlik om deur so ’n check­up presies uit te vind wat skort.En wie weet? Dalk is die vonk sommer gou weer terug in julle slaapkamer en dan kan daai vibrator van jou maar stof opgaar.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/man-is-traag-op-die-job-vrou-koop-toe-vibrator-20190323

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.