Man kry kopskote buite klub

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N BEKENDE nagklub in die Baaise noordelike gebiede het in ’n moordtoneel ontaard toe ’n man drie keer deur die kop geskiet is.Die provinsiale bende-ondersoekeenheid bekyk ’n saak van moord nadat Sergio Adam (27) vermoor is.Die voorval het Sondag omstreeks 04:00 by La Dee Das, oftewel die Golden Fountain, in Salsoneville­ in Standfordweg plaasgevind.EenkantVolgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, blyk dit Adam en sy vriendin het die klub vroegoggend verlaat.“Terwyl hulle in die parkeerterrein geloop het, het ’n onbekende persoon nader gekom en die vriendin eenkant toe gestoot. Verskeie skote is op Adam afgevuur en hy is op die toneel oorlede.” Die motief vir die moord is onbekend. Geen arrestasies is al gemaak nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-kry-kopskote-buite-klub-20181217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.