Man kry net 15 jaar vir moord

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

“HY WAS my oogappel en die gemeenskap se darling. “Daar is niks wat ons kan doen om hom terug te bring nie. Geen woorde nie.”Só sê Byron Meyer (58) van Booysenpark nadat sy seun Giraldo Meyer (29) se killer gister in die Baaise streekhof vir 15 jaar tronk toe getuur is.Giraldo het vir die Ooste­like Provinsie volleyball gespeel. Landdros Onke Myataza het Redwaan Niekerk (38) van Booysenpark gister 15 jaar tronkstraf opgelê vir moord, 6 jaar vir die onwet­tige besit van ’n vuurwapen en ’n jaar vir die onwettige besit van ammunisie.Myataza het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word.Giraldo Meyer Hy het ook gelas dat Niekerk unfit verklaar word om ’n vuurwapen te besit. Niekerk se vonnis kom nadat hy Giraldo op 29 Julie 2016 doodgeskiet het.Myataza het gister met vonnisoplegging gesê dat moord in ’n ernstige lig beskou word en dat dit algemeen voorkom in die betrokke jurisdiksie.Volgens hom het ’n onskuldige jong man sy lewe verloor onder foolish omstandighede.Myathaza het bygevoeg dat dit teen Niekerk tel dat die vuurwapen wat in die voorval gebruik is, nooit opgespoor is nie.Volgens Myataza is dié vuurwapen steeds in omloop – en gereed om gebruik te word om iemand te beseer of te vermoor.Met betrekking tot Niekerk se persoonlike omstandighede is hy ’n eerste oortreder, ongetroud en het hy drie minderjarige kinders.Hy is egter nie die kinders se primêre versorger nie.Niekerk is ook werkloos.Byron sê: “As ouer wat so ’n seun verloor het, sal ek nooit happy wees met so ’n vonnis nie.” Hy sê die familie sukkel nou nog om Giraldo se skie­like dood te verwerk.hartseer: Dalton Meyer wys al die medaljes wat sy broer Giraldo gewen het. Foto: theo jeptha“Dit lyk ons gaan nooit hieroor kom nie. “Ons móét egter ’n way vind om hieroor te kom. Ons weet nog net nie hoe nie.” Volgens Byron was Giraldo die tweede oudste van vier kinders.Hy was, volgens sy pa, sportief, vol jokes en ’n mense-mens.Giraldo was ongetroud en het nie kinders gehad nie.Hennie Bence het vir Niekerk opgetree en adv. Rafiq Ahmed het aangekla.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-kry-net-15-jaar-vir-moord-20181101

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.