Man kry sy seun se lyk in die jaart

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N ONSKULDIGE man van die Baaise Northerns is Sondagmiddag in sy eie jaart vermoor.Volgens kol. Priscilla Naidu­, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval Sondag om en by 16:40 gebeur.“Daar word beweer dat Rodwin Naidoo noodlottig gewond is in die agterplaas van sy huis in Velloziaweg in Beth­elsdorp, Uitbreiding 31.”Volgens die polisie se inligting het twee mans voor dié huis geskiet.Bende“Toe die slagoffer se pa na die agterplaas gegaan het, het hy sy seun gevind met verskeie koeëlwonde aan die lyf,” verduidelik Naidu.Sy sê voorts die slagoffer het nie aan ’n bende behoort nie en die verdagtes is tans onbekend.Die provinsiale bende-ondersoekspan ondersoek ’n saak van moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-kry-sy-seun-se-lyk-in-die-jaart-20190107

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.