Man vas oor dagga-lab | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Man vas oor dagga-lab | Die Son

WILLEM Carstens (25) van Gordonsbaai het Vrydag in die Strandse landdroshof verskyn op ’n aanklag dat hy ’n dagga-laboratorium bedryf.Carstens is Woensdag in die spogbuurt Harbour Island deur die Valke gearresteer. Hy is nie gevra om te pleit nie en is op bail van R3 000 vrygelaat.Die hof het gelas dat hy Gordonsbaai moet verlaat en in Piketberg tuisgaan by die adres wat verskaf is aan die hof. Die saak is tot 25 April uitgestel vir die forensiese uitslag.Kapt. Philani Nkwalase van die Valke sê die waarde van die plante en toerusting word op R120 000 geraam. Daar is ook beslag gelê op “magic mushrooms”, ammunisie en toerusting om bullets te maak.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.