Man vas oor onwettige ‘gun’

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE polisie het Maandagaand ’n 41-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.Die arrestasie is uitgevoer deur lede van die Motherwell-polisie se operasionele bevelsentrum.Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die lede het omstreeks 21:00 ’n verdagte man in Mavuso­straat in KwaZakhele sien stap. By nader ondersoek het hulle ’n 7,65 mm-pistool en sewe koeëls gekry wat in sy broek weggesteek was.Die verdagte is toe in hegtenis geneem.Met toetse op die wapen is vasgestel dit is gelisensieer in die naam van ’n 63-jarige man van Krugersdorp.Volgens Beetge is die vuurwapen nie as gesteel aangemeld nie. Die verdagte verskyn vandag in die New Brighton-landdroshof. Beetge sê die polisie is tans besig om ondersoek in te stel oor hoekom die wettige vuurwapeneienaar dit nie vroeër as gesteel aangemeld het nie.BeveiligGenl.maj. Dawie Rabie, Mother­well se gebiedsbevelvoerder, verwelkom die inhegtenisneming. Volgens hom is dit vuurwapeneienaars se verantwoordelikheid om hulle guns te beveilig. Hy sê ’n mens kan nie bloot ’n vuurwapen vir ’n ander persoon gee om te hou of te besit sonder dat die wettige prosedures met betrekking tot die Wet op Vuurwapenbeheer gevolg is nie.Klagte wat verband hou met dié wet, staar eienaars in die gesig as hulle dit nie eerbiedig nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/man-vas-oor-onwettige-gun-20181204

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.