Mans sê hulle vermoor 2 nie

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

SES mans wat aangekla word van onder meer ’n dubbele moord en vier klagte van brandstigting het gister onskuldig gepleit in die Baaise hooggeregshof.Damian Kammies (25), Deilon Makoppa (31), Kurt Bosman (29), Christiano Witbooi (19), Ashton Calvert (25) en Warren Steyn (24) pleit ook onskuldig op twee klagte van ontvoering, poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.Die ander klagte is huisbraak met die opset om ’n misdaad te pleeg wat onbekend is aan die staat en vier klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Die ses mans het by monde van hulle law­yers aangedui hulle verdediging gaan gebaseer wees op alibi’s.Die staat het hierna die beskuldigdes se formele erkennings by die hofrekord ingelees.Kort voordat die hof verdaag het, het adv. Chris Nel, wat namens Kammies optree, die staat gevra om getuieverklarings aan die verdediging beskikbaar te stel om konsultasie te vergemaklik.Adv. Liesel Landman, die staatsaanklaer, het aangedui die staat sal die verklarings aan die verdediging beskikbaar stel.GesteekDie beskuldigdes se hofverskyning spruit uit ’n rits voorvalle op 19 November 2016 toe Mohammed Gamieldien Abdullah, alias Mielie, en Deon Matthys vermoor is.Die mans het onder meer na bewering ook vier huise aan die brand gesteek.Die verhoor, wat voor regter Glen Goosen dien, sal vandag hervat word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/mans-se-hulle-vermoor-2-nie-20190218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.