Mans voor vir 7 moorde

Please log in or register to like posts.
News
Mans voor vir 7 moorde

TWEE verdagtes wat aangekla is van die moord op sewe mense in ’n huis in Vlakfontein, het gister in die hof verskyn.Fifita Khupe (61) en Vusi Mabaso (27), wat die alias Sibusiso Khoza gebruik, het in die landdroshof in Lenasia verskyn.Almal was geskok toe die lyke van drie vroue en vier kinders op 29 Oktober gevind is waar dit onder sand begrawe is. Die bure het eers besef daar is iets fout toe ’n stank van die huis se kant af begin kom.VerkragtingKhupe was glo romanties betrokke by een van die vermoorde vroue. Die motief vir die moorde is steeds duister.Drie klagte van verkragting staar Mabaso ook in die gesig. Bankkaarte van die vermoordes is in die verdagtes se besit gevind.Phindi Mjonodwana, ’n NPA-woordvoerder, sê: “Ons kan bevestig dat die staat ’n stewige saak teen die verdagtes het en dat die families van die vermoordes geregtigheid sal kry.” – News24

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply