‘Mayor belowe, niks gebeur’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N KLEIN groepie inwoners van verskeie informele nedersettings in Motherwell in die Baai het gister opgeruk na die raadsaal en antwoorde van die mayor geëis­.Volgens hulle het die burgemeester, Mongameli Bobani,­ verlede jaar beloof om hul lewe te verbeter.Omgekrapte inwoners sê niks het sedertdien gebeur nie. Daarom het hulle weereens ’n memorandum met hul griewe aan Bobani oorhandig.Inwoners by dié informele nedersettings het nie toegang tot water, elektrisiteit of toiletgeriewe nie. Hulle eis ook vullisverwydering en die skoonmaak van bebosde gebiede.Shedrack Sineli van Kamva­ Village verduidelik: “Die burgemeester was in Junie verlede jaar by ons. Hy het gesê hy gaan terugkom na ons toe, maar hy het nooit. “Ons shacks brand af – van verlede jaar af was daar altesaam sewe. Dis omdat ons moet vuur maak.”Vuyani Lloyd van die informele nedersetting Noma­kanjani­ sê selfs die premier, Phumulo Masualle­, was verlede jaar by hulle. Begroting“Ons het toé vir hulle ’n petisie gegee oor geen dienslewering. Hulle het belowe­ hulle sal terugkom na ons toe voor die einde van verlede jaar.”Luyanda Diamond van die informele nedersetting Khayelitsha, sê: “Hy het belowe ons gaan toilette kry, maar ons moet steeds in die bos ingaan, waar daar slange is. “Hulle het ook laas gesê daar is iets beskikbaar vir ons in die begroting, maar nou is daar ewe skielik nie meer geld nie.”Unathi Klaas van Emithini Village sê: “As ons net krag, water en toilette kan kry, sal dit baie beter wees.”Bobani sê: “Dit is waar dat hulle nie toilette het nie en hulle in die bosse verlig. Hulle het nie water of elektrisiteit nie. “Dit was nie net ’n belofte nie, want ons het reeds met die proses begin om die shacks kragtoevoer te gee.“Maar daar is begrotingsbeperkinge omdat daar nie vir hulle area begroot is nie.”Bobani het wel genoem dat hulle gebruik sal maak van die aanpassingsbegroting. Hy het die inwoners belowe dat hy self volgende week weer na hulle toe sal gaan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/mayor-belowe-niks-gebeur-20190131

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.