Mayor besoek zoo-betogers | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Mayor besoek zoo-betogers | Die Son

DIE mayor van die Buffalo City Metro-munisipaliteit, Xola Pakati, het verlede week ’n draai gaan maak by die Khoisan-aktiviste wat in ’n hok slaap.Sedert Maandag slaap chief Crawford Fraser, chief Joseph Kreeling, chief Melvin Smith, Christian Martin en Trevor Kopeledi in ’n selfgemaakte dierehok in Oos-Londen.Hulle is ontevrede oor die lewensomstandighede van die diere, veral die jaguar, in die Oos-Londense dieretuin.Volgens Luzuko Buku, Pakati se woordvoerder, is Pakati en Martin ou vriende van hulle dae in die Oos-Kaapse provinsiale wetgewende liggaam.Brief“Hy (Pakati) het van die geleentheid gebruik gemaak om met hom (Martin) te praat en om ingelig te word oor die kwessies rakende die protes.“Hy het toe ’n brief ontvang van Martin af, wat die kwessies in detail bespreek, en hy het gesê hy sal sien dat die munisipaliteit dringend daaraan aandag skenk,” sê Buku.Die Khoi-aktiviste beplan om tot Menseregtedag op 21 Maart in die hok te slaap.Hulle oorleef op die donasies van mense wat vir hulle kos en koeldrank bring.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.