Mayor-kantoor open weer | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE Uitenhaagse burgemeesterskantoor is weer geopen.Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Mongameli Bobani, en die burgemeesterskomiteelede het gister die amptelike heropening van die kantoor in Uitenhage, Sentraal, bygewoon.Die kantoor sal op ’n voltydse basis bestuur word deur munisipale beamptes. Dié beamptes sal aandag gee aan onder meer die diensleweringskwessies wat deur inwoners aangemeld word en sal ook die vergadering met belanghebbers koördineer.Bobani sal ook van sy werksdae op kantoor wees. Indien hy nie self teenwoordig kan wees nie, sal die onderburgemeester, Tshonono Buyeye, of enige burgemeesterskomiteelid daar wees om hom af te los.Bobani het gesê: “Ons het opgemerk dat Uitenhage en Despatch vir te lank afgeskeep word. Dit was tyd om aksie te neem. As die uitvoerende burgemeester sal ek gereeld gemeenskapsbesoeke aflê om nie net na die mense te luister nie, maar ook om seker te maak hulle eise word beantwoord.“(Ons) werk saam met ander belanghebbendes – laat ons saamstaan in die gebruik van die munisipale begroting op ’n bevorderlike manier.Verwelkom“Die huidige koalisieregering het beloof om die mense te alle tye te dien.”Verskeie kerke, die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco), sportorganisasies, besigheidsforums en lede van die publiek was teenwoordig.Almal het die heropening van die burgemeesterskantoor in Uitenhage verwelkom en gesê die meeste mense moet lang afstande reis om toegang te verkry tot die burgemeester se kantoor en nie almal kan dit noodwendig bekostig nie.Hulle het gesê hulle wil implementering sien, nie net gesprekke nie, en hulle soek ook meer gereelde terugvoer van die politiese leierskap.Nicholas Malgas, die Uitenhage Massacre Foundation se voorsitter, het gesê: “Ons het groot maatskappye wat in Uitenhage geleë is wat ’n groot bydrae tot die bruto binnelandse produk maak. Maar as inwoners ervaar ons minder ontwikkeling hier.“Ons hoop dat die burgemeester die verandering bring wat ons wil sien en om die tydraamwerke van elke projek duidelik aan te dui.”Die werk wat gedoen word in die kantoor, sal die uitdaging van Despatch-inwoners insluit. ’n Aanmeldingsisteem sal geïmplementeer word om te verseker dat Uitenhage en Despatch gelyke aandag ontvang.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/mayor-kantoor-open-weer-20181128

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.