Mayor prys SANW infanterieskool | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Mayor prys SANW infanterieskool | Die Son

OUDTSHOORN. – Die munisipaliteit sal voortgaan om ’n hand van vriendskap uit te steek na die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Infanterieskool.Die infanterieskool bestaan al 55 jaar in die dorp.Colan Sylvester, die dorp se mayor, is trots op die jaarlikse vryheid-van-die-dorp-parade.“Hierdie eer moet deur ons almal met die grootste respek en verantwoordelikheid beskou word.Saamwerk“Ons waardeer die diens wat die infanterieskool aan die gemeenskap en Suid-Afrika gee, asook die onselfsugtige vredesrol wat hy in Afrika speel.”Sylvester het gesê hy hoop die munisipaliteit en SANW sal voortdurend saamwerk.Die SANW Infanterieformasie se hoof van personeel, brig.genl. Bhasie Gqoboka, het die munisipaliteit en inwoners van Oudtshoorn bedank vir die jare lange vennootskap tussen hulle.Hy het namens die bevelvoerder van Infanterieformasie, genl.maj. Rudzani Maphwanya, gepraat.“Die weermag het die ondersteuning van die plaaslike munisipaliteit nodig om suksesvol te wees,” het Gqoboka gesê.Volgens hom is die toekenning van die vryheid van die dorp ’n eer en is dit net met samewerking dat meer bereik kan word ten opsigte van vordering en vooruitgang in die dorp.Die vryheid van die dorp is reeds op 15 Desember 1977 deur die Oudtshoorn-munisipaliteit aan die infanterieskool toegeken en word jaarliks gevier.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply