Mcunu moet in tronk sit

Please log in or register to like posts.
News
Mcunu moet in tronk sit

KONST. Dwane Kemp se vermeende moordenaar (24) moet in die tjoekie bly tot sy verhoor afgehandel is. Só het die Baaise landdroshof gister besluit toe Sibusisio Mcunu borgtog geweier is.Dit volg nadat hy in Januarie vanjaar by die Le Bon-bakkery in Sentraal na bewering betrokke was by ’n rooftog wat verkeerd geloop het.Kemp en sy partner, konst. Musa Hans, is daai dag uitgeroep na die roof­toneel. Toe hulle opdaag, was die rooftog in die bakkery, wat vol personeel en klante was, steeds aan die gang.Die rowers het op Kemp geskiet toe hy die bakkery binnegaan. Hy is in die maag en hand gewond en is enkele ure later in die Life St George-hospitaal dood.Nadat Kemp geskiet is, het Hans op die rowers losgebrand. Vier van hulle is op die toneel doodgeskiet.Hulle is Phu­m­lani Dladla (27) van New Brighton, Mandise Ji­­zeli (36) en Phillip­ Mphu­mezi (33) van Zwide, sowel as Thando­lwethu­­­ Mkatali­ (28) van Mis­sion­vale­­.Hulle was glo almal werkloos. Mcunu is by sy ouerhuis in Algoapark gearresteer, ’n week ná die rooftog. Vroeër tydens die borgtog-aansoek het Mcunu aangedui hy gaan onskuldig pleit op die klagte teen hom.Met die aanvang van die beskuldigde se borgtog-aansoek het die staatsaanklaer Melanie Hammett die verklaring van die ondersoekbeampte AO Walter Wait voorgelees.Luidens die verklaring was die eerste ding wat die polisie na Mcunu gelei het, sy pa se vuurwapen.Mcunu se pa het sy vuurwapen by die Algoapark-polisiekantoor as gesteel aangemeld. Dié vuurwapen is op die moordtoneel gevind.Mcunu se pa se VW Jetta is die tweede link wat die polisie na die beskuldigde gelei het. Op die dag van die moord was Mcunu se pa by sy werk en Mcunu het glo sy kar gebruik.Data van die Jetta se opsporingstoestel wys die motor was naby Rosestraat, waar die Le-Bon-bakkery geleë is, terwyl die rooftog plaasgevind het.WeggestuurVerder is daar ook video footage waarop ’n man wat van die bakkery vlug, gesien kan word.Hoewel die man se gesig nie op die footage gesien kan word nie, is sy klere duidelik sigbaar. Dié klere is in Mcunu se kamer gekry en weggestuur vir forensiese toetse.Die vierde spyker in Mcunu se kis was ’n ooggetuie wat hom uitgeken het.Mcunu se pa gaan glo teen sy seun getuig in die verhoor.Mcunu het in sy borgtogaansoek by monde van sy lawyer, Zolile Ngqeza, beweer dit was sy neef wat sy pa se gun en kar gebruik het op daardie dag. Sy neef is een van die rowers wat doodgeskiet is. Hy sê verder sy pa se gun was nie in ’n kluis toegesluit nie. Sy neef, wat by hulle gebly het, het dus ook toegang daartoe gehad. Mcunu staan tereg op vyf klagte: een van moord, poging tot moord, sakeroof, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.Hy moet op 23 April weer in die Baaise landdroshof verskyn. Hy bly tot dan in aanhouding.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.