Meisie (11) in pad geskiet

Please log in or register to like posts.
Nuus
Meisie (11) in pad geskiet

Update
Port Elizabeth

’N DWAALKOEËL het ’n onskuldige 11-jarige meisie van Helenvale in die boud getref.Die kind moes Sondagaand glo ’n noodoperasie ondergaan om die koeël te laat verwyder.Die provinsiale bende- ondersoekspan is nou agter die skieter aan wat dié meisie Sondagmiddag in ’n drive-by shooting gewond het.Daar word beweer die slagoffer het Sondag omstreeks 13:15 saam met ’n vriend in Fitchardtweg geloop.Soos hulle nader aan die hoek van Kobusweg geloop het, het ’n grys Volkswagen Polo dié straat afgery.Insittendes van die motor het toe op ’n groep mans begin skiet wat op die hoek gestaan het.Die slagoffer en haar vriend het begin hardloop nadat die koeël haar in die boud getref het.“Die voertuig het weggejaag,” sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder.Die verdagtes is onbekend aan die polisie.Die polisie doen ’n beroep op inwoners om hulle te help met die opsporing van die skieters.Alle inligting is streng vertroulik en dit mag anoniem gegee word.Lt.kol. Mike Grobler van die provinsiale bende-ondersoekspan kan gebel word by 082 422 1825.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/meisie-11-in-pad-geskiet-20180917

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.