Meisie blame bestie omdat sy en hubby verby is

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

Liewe Antie MonaEK HET voor die eksamen met ’n outjie gevry.Sommer in die pouses. Ek het my bestie daarvan vertel en sy het belowe om vir niemand te vertel nie.Maar die skool was nog nie eens uit nie, toe hardloop sy om dit vir my boyfriend te vertel.Hy het my toe ingevra en ek het gesê dat dit so is, but dat dit niks beteken het nie.My boyfriend wou dit nie so sien nie en het my afgesê.Ek was nogal spyt, want ek het feelings vir hom.My bestie sê sy het nie gemean om hom te vertel nie. Sy sê hy het haar daaroor uitgevra, but sy kan mos gesê het sy weet niks.Die junk ding van alles is dat hulle nou orals saam rondloop.Ek hoor rumours dat hulle twee involved is, maar sy stry.Ek weet nie of ek haar meer kan trust nie, want ek het haar iets in secret vertel en toe doen sy dit aan my.Ek is lus om vir haar te sê ons moet nie meer vrinne wees nie. – Teleurgesteld, WhatsAppJou so-called bestie kon natuurlik nie wag om jou eks te gaan vertel nie – heel waarskynlik omdat sy hom hoeka ge-eye het.Maar kom ons begin by die begin: Hoekom met iemand anders gaan vry as jy reeds ’n outjie het?Dit
is mos soek vir moeilikheid. So, pleks van al die blame op jou vriendin
sit, moet jy ook jou aandeel in die beëindiging van jou relation­ship
kan sien.Alle blaam kan nie net voor jou vriendin se deur gelê word nie. Staan jou meisie vir wat jy verkeerd gedoen het en beweeg aan.Maybe
is dit ook tyd dat jy vir jou ’n ander bestie kry. Nie iemand wat nie
kan wag dat jy skeef moet trap sodat sy jou outjie haar eie kan maak
nie.

https://www.son.co.za/naughty-corner/Antiemona/meisie-blame-bestie-omdat-sy-en-hubby-verby-is-20190317

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.